Geel September

ANDRE LE ROUX DU TOIT

Ek onthou hoe September, toe alles geel was
Toe die son in die blare van ons prieel was
Ek onthou nog die jaar van die lekkerste vrug
Rosyntjie beskuit, nog een, dankie ma

En ek mis daai geel en ek mis daai blond
En ek mis daai blou oor my pa se grond, Afrikaans

Ek onthou nog 'n stoep wat al om die huis loop
Rooi soos 'n Kersfees en blink soos 'n doop
Ek onthou nog die muur om die kraal waar oom Jan begrawe lê

Ek onthou nog die plek in my hart waar 'n kind kan gebede sê
Sonder vrees

Ek onthou nog 'n plaas en 'n land waar jy snags in die sterre kan lees
Van Leipoldt se spoke en Totius se pyn, Neelsie se rose en oupa se nagmaalwyn

En ek mis daai geel en ek mis daai blond
En ek mis daai blou oor my pa se grond
En ek mis daai plaas
En ek mis daai skuur
Al daai nagte saam om die braaivleis vuur, Afrikaans

Afrikaans

Daar was room in die melk en velle gekook
Daar was botter en sous by die boeke wat kook
En die vrees van die Heer was 'n strek wat hang agter die bo-deur
Langs die kerkalmanak en die lysie van goed wat gebeur

Ek onthou 'n tyd toe ons klein was
Toe ons reëls en ons ritme so roekeloos rein was
Toe daar feetjies en vlinders en sierings en son in die tuin was
Ek onthou nog die vaste patroon van geloof
Die kleed en die kansel, die ketel die stoof
Die brood in die oond en die jam op die rak ingelê
Wat wil 'n mens meer hê?

En ek mis daai geel en ek mis daai blond
En ek mis daai blou oor my pa se grond
En ek mis daai plaas
En ek mis daai skuur, al daai nagte saam om die braaivleis vuur
En ek mis daai dorp
En ek mis daai kerk toe ons snags kon droom en bedags kon werk, Afrikaans
Afrikaans

Hier is jou opstal, daar's my plek
Kom ons deel dit van vooraf, sit jou naam op die hek
Laat jou kinders en myne, saam speel in die yard, soos tevore
As dit gister nog waar was dan is daar mos hoop vir more
Die Here sal sorre
Ek weet dit, ek weet, ek weet dit, ek weet dit, ek weet, want soos jy is ek hier gebore

En ek mis daai geel en ek mis daai blond
En ek mis daai blou oor my pa se grond
En ek mis daai plaas
En ek mis daai skuur, al daai nagte saam om die braaivleis vuur
En ek mis daai dorp
En ek mis daai kerk toe ons snags kon droom en bedags kon werk
En ek mis daai huis
En ek mis daai straat toe wit en bruin en swart met mekaar kon praat
Afrikaans
Afrikaans

Ek onthou hoe September, toe alles geel was
Toe die son in die blare van ons prieel was
Ek onthou nog die jaar van die lekkerste vrug
Rosyntjie beskuit
Nog een, dankie ma

Curiosités sur la chanson Geel September de Koos Kombuis

Quand la chanson “Geel September” a-t-elle été lancée par Koos Kombuis?
La chanson Geel September a été lancée en 2009, sur l’album “Koos Kombuis”.
Qui a composé la chanson “Geel September” de Koos Kombuis?
La chanson “Geel September” de Koos Kombuis a été composée par ANDRE LE ROUX DU TOIT.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Koos Kombuis

Autres artistes de