Luierliedjie

Partykeer is hy vrolik soos ‘n deuntjie
Dan wil ek hom kiellie tot hy lag
Partykeer lyk hy al meer soos ‘n seuntjie
Die liefde in sy oë is oop en sag

Hy’s net ‘n bondel energie en wilde wense
Selfs as hy sanik in my arms deur die nag
Ek sal hom uitken tussen duisend ander mense
Jy sê hy’s lelik, maar vir my is hy te pragtig
Vir my is hy te pragtig

Dis die luilekker, luierlekker lewe
Dis die opstaan en die swaarkry in my vaak
So ‘n luierlekker, luierlekker lewe
My uit die geploeter en gefoeter met sy doeke en sy goeters wat my moeg maak
Dis wat my so moeg maak

Hy’s roekeloos en rond net soos ‘n rympie
Of ‘n wysie wat herhaal word elke uur
Hy’s die fluister van ‘n wonder klein geheimpie
Hy's die asem wat so aanhou, kort en suur

Hy’s ook die stront in die mond van die vroeë more stond
Want hy pis net soos hy lus is en hy poep so gesond
So baie plekke waar hy lek, so baie gate waar hy stink
Soveel spoeggies en gedroggies op sy lyf rond
Soveel spoeggies en gedroggies oor sy lyf rond

Dis die luilekker, luierlekker lewe
Dis die opstaan en die swaarkry in my vaak
So ‘n luierlekker, luierlekker lewe
Met die geploeter en gefoeter met sy doeke en sy goeters
Al hoe later al hoe kwater tussen bakke warm water
En die reuk van bitter akkies en sy bolle bolle kakkies wat my moeg maak
O, dis wat my so moeg maak
Sies

Curiosités sur la chanson Luierliedjie de Koos Kombuis

Quand la chanson “Luierliedjie” a-t-elle été lancée par Koos Kombuis?
La chanson Luierliedjie a été lancée en 2002, sur l’album “Equilibrium”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Koos Kombuis

Autres artistes de