Gebed
Laat my nooit die grond verlaat nie
Laat my in U skadu bly
En gee dat elke
Hart se vreugde en vrees
Eindelik nietig word vir my
Elke dag is ‘n gedagte
Elke kamer net vir U
En elke hart se droom van rykdom en van roem
Net 'n skadu teen die muur
Wat ek is
Is net genade
Wat ek het
Is net geleen
En heimlik smag ek
Na U waters van rus
Lei my Heer vanaand daarheen
Heimlik smag ek
Na U waters van rus
Lei my Heer vanaand daarheen