God Se Plan Kan Nie Verander Nie
Tien jaar terug het ek jou ontmoet
Toe jy vir my by die kerk kom groet
En ek was bly
Dit was jy
Jy’t my kop skoon deurmekaar gehad
Ek wou nog keer toe was dit reeds te laat
Maar ek was bly
Dit was jy
Die liefde verstaan nie grense
Opgestel deur ander mense
En jy vat my hand tot aan die anderkant van nou
En dis waar ek wil wees
Ek is niks sonder jou
Ons moet leer om ons gevoelens te vertrou
En dis hoe ek wil leef
En ek hoop jy onthou
Ek los jou nooit alleen want ek het geweet
God se plan kan nie verander nie
Twee jaar terug het ons vasbesluit
Hierdie berg wil ons saam saam uit
En ek was bly
Dit was jy
Jy was meer as wat ek kon vra
Meer as wat die kamers in my hart kon dra
Maar ek was bly
Dit was jy
Die liefde verstaan nie grense
Opgestel deur ander mense
En jy vat my hand tot aan die anderkant van nou
En dis waar ek wil wees
Ek is niks sonder jou
Ons moet leer om ons gevoelens te vertrou
En dis hoe ek wil leef
En ek hoop jy onthou
Ek los jou nooit alleen want ek het geweet
God se plan kan nie verander nie
Dit klink soos ‘n sprokie maar dis alles waar
Ek kom by die huis en jy wag daar
En ek is bly
Dit is jy