Perel Van Die Paarl
Onder jou wolkombers is waar ek wil lê
En tussen my wingerdboorde is wat ek wil sê
Daar by Hartverloorvallei
Langs die Bergrivier gekry
Jy’t in my hart geklim in my hart geklim
Jy’t die deure agter jou gesluit
In my hart geklim sommer binne in
En die sleutel in die see gesmyt
Jy’s my pêrel van die Paarl jy’s als vir my
En die son wil op jou skyn
Jy’s my pêrel van die Paarl ‘n skat vir my
En nêrens sal jy mooier kry
Jy’s die pêrel wat in my hart bly
‘n Somer is lank genoeg om liefde te vind
Jy’t in ‘n wolk gewaai weg met die wind
Daar by Hartverloorvallei
Sal ons herinneringe bly
Jy’t in my hart geklim in my hart geklim
Jy’t die deure agter jou gesluit
In my hart geklim sommer binne in
En die sleutel in die see gesmyt
Jy’s my pêrel van die Paarl jy’s als vir my
En die son wil op jou skyn
Jy’s my pêrel van die Paarl ‘n skat vir my
En nêrens sal jy mooier kry
Jy’s die pêrel wat in my hart bly
In my hart bly
Die N1 rigting suid by die Paarl verby
En voor ek myself kon kry
Het die pad my verlei
Tot by die Hartverloorvallei
Waar ek jou altyd weer kan kry jy jy
Jy’t in my hart geklim in my hart geklim
Jy’t die deure agter jou gesluit
In my hart geklim sommer binne in
En die sleutel in die see gesmyt
Jy’s my pêrel van die Paarl jy’s als vir my
En die son wil op jou skyn
Jy’s my pêrel van die Paarl ‘n skat vir my
En nêrens sal jy mooier kry
Want jy’s die pêrel wat in my hart bly
Want jy’s die pêrel wat in my hart bly