Warm Reën
Agter die muur
Waar stilte woon
Brand daar 'n vuur
Maar ek is koud
Die grootste wens
Diep binne my
'n Warm huis
Waar liefde bly
Op die driem van 'n ander droom
Het die mense saamgekom
Hulle ken my naam
Is altyd daar
Nog 'n dag nog 'n groot verhoog
Almal sing saam in hulle oë leef ek my droom
Of is dit so?
En die skare sing soos een
En ek weet ek’s nooit alleen
Al my stories onvoltooi
En ek loop die pad maar ek loop in ‘n warm reën
Ja ek loop die pad maar ek loop in 'n warm reën
Die jare rol
Te gou verby
'n Warrelwind
Het ek gery
Net toe ek dink
Hy sit my neer
Tel hy my op
En ek ry hom weer
Op die driem van 'n ander droom
Het die mense saamgekom
Hulle ken my naam
Is altyd daar
Nog ‘n dag nog ‘n groot verhoog
Almal sing saam in hulle oë leef ek my droom
Of is dit so?
En die skare sing soos een
En ek weet ek’s nooit alleen
Al my stories onvoltooi
En ek loop die pad maar ek loop in 'n warm reën
En die skare sing soos een
En ek weet ek’s nooit alleen
Al my stories onvoltooi
En ek loop die pad maar ek loop in 'n warm reën
Ja ek loop die pad maar ek loop in 'n warm reën