Was Ek Maar 'n Digter

Was ek maar 'n digter
Sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen
En hoe ek oor jou voel

In gewone taal mag dit klink
Asof ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel

Ek sal jou lief hê tot die hane ophou kraai
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Tot daar stilte oor die aarde kom
En die wind nie langer waai
Tot daar gras aan die hemelruim groei
Sal ek jou liefhê

Totdat al die woorde
Van my tong verdwyn
Tot die oë beskaam en
Die son nie meer wil skyn

Tot die berge wegsink in die see
En vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling
Ek jou sal liefhê

Dis jy wat my
In gedagtes kan wegvoer
Na die maan en die sterre
Wat deur my venster loer

Jy's die warm van 'n kaggelvuur
Die sprank van vonkelwyn
En die son wat die mis lae soggens
Laat verdwyn

Ek is net 'n mens
En my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek
Daar is niks wat ek weerhou

Net voor die woorde opraak
Is daar iets
Wat ek nog moet sê
Vir ewig liefling sal ek jou liefhê

Tot die berge wegsink in die see
En vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling
Ek jou sal liefhê
Vir ewig liefling sal ek jou liefhê

Curiosités sur la chanson Was Ek Maar 'n Digter de Kurt Darren

Quand la chanson “Was Ek Maar 'n Digter” a-t-elle été lancée par Kurt Darren?
La chanson Was Ek Maar 'n Digter a été lancée en 2013, sur l’album “Se Net Ja!”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Kurt Darren

Autres artistes de