Jy Is Hier Geliefde My

Dis onwaarskynlik dat ek eendag hierdie oomblik sal vergeet
Tussen al die ander wat ‘n leeftyd genereer
Hierdie een op ‘n Vrydag
Kwart oor twee
Hierdie een skryf ek neer

Want jy staan voor my deur met ‘n hoed en ‘n jas
En jy sê deur wind en weer tot hier was dit ‘n baie lang pad
En agter jou lê ‘n moeë fiets en langs jou staan ‘n tas
En die res het ek in jou oë gekry, jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly

Dis onwaarskynlik dat ek ooit sou raai dat jy hier gaan kom draai
Wat nog te sê van stil kom staan sonder om weer te gaan
Ek het gewonder, maar kon nie weet nie, ek moes dit los, maar kon nie vergeet nie
So, hierdie dag skryf ek neer

Want jy staan voor my deur met ‘n hoed en ‘n jas
En jy sê deur wind en weer tot hier was dit ‘n baie lang pad
En agter jou lê ‘n moeë fiets en langs jou staan ‘n tas
En die res het ek in jou oë gekry, jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly

Want jy staan voor my deur met ‘n hoed en ‘n jas
En jy sê deur wind en weer tot hier was dit ‘n baie lang pad
En agter jou lê ‘n moeë fiets en langs jou staan ‘n tas
En die res het ek in jou oë gekry, jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly

Jy is hier, geliefde my, jy is hier om te bly

Curiosités sur la chanson Jy Is Hier Geliefde My de Laurika Rauch

Quand la chanson “Jy Is Hier Geliefde My” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Jy Is Hier Geliefde My a été lancée en 2014, sur l’album “Wals, Wals Willemien”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music