Kinders Van Die Wind

CHRIS TORR

Ek ken 'n ou, ou liedjie
Van lewenswel en weë
Van lank-vergane skepe in, die kelders van die see

Die woorde is vergete
En tog
Die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in 'n baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar, net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is, sou net 'n kind kon raai

Swerwers sonder rigting
Soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar, net kinders van die wind
En eindelik was almal maar, net kinders van die wind
En eindelik was almal maar, net kinders van die wind
Net kinders van die wind

Curiosités sur la chanson Kinders Van Die Wind de Laurika Rauch

Sur quels albums la chanson “Kinders Van Die Wind” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
Laurika Rauch a lancé la chanson sur les albums “Debuut” en 1979, “Hot Gates” en 1995, et “19 Treffers van 21 jaar” en 1999.
Qui a composé la chanson “Kinders Van Die Wind” de Laurika Rauch?
La chanson “Kinders Van Die Wind” de Laurika Rauch a été composée par CHRIS TORR.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music