Hou my Vas
Middernag, dit is donker
Maar jy is hier teen aan my
En ek hoor hoe die reën val
En you asem skaduwees teen die muur
Jy is my halfweghuis, die stilte na die gedruis
En jou hartklop bring my vrede
Hou my vas tot die wêreld ophou draai (Wêreld ophou draai)
Hou my vas soos die wind wat oor ons waai
Soos die nag jou om my toe vou (Toe vou)
Hou my vas
Lewe jy, as ek wonder
Wat jou drome met jou maak (Drome met jou maak)
Net voor vier in die donker
Maar ek's veilig want ek weet jy's hier
Jy is my halfweghuis, die stilte na die gedruis
Maar jou hartklop bring my vrede
Hou my vas tot die wêreld ophou draai (Wêreld ophou draai)
Hou my vas soos die wind wat oor ons waai
Soos die nag jou om my toe vou (Toe vou)
Hou my vas (Hou my vas, naby jou)
Jy vloei deur my aare, by jou voel een minuut soos jare
Jy is die droom wat my lei (Droom wat my lei)
My veiligheid, bly by my
Hou my vas (Hou my vas)
Tot die wêreld ophou draai (Wêreld ophou draai)
Hou my vas soos die wind wat oor ons waai
Soos die nag jou (Die nag jou)
Om my toe vou
Hou my vas