Die Hemel Brand

Te gou gly die huise een vir een by my verby
Waar ek hier in my vierwiel oor die wye vlaktes ry
Die ruite is oop die aand windjie waai
Dit is ‘n gejaag, dit is ‘n lawaai

Die hemel brand in sterreglans as die son rus sag oor die rand
Die mense jaag vinnig verby, sal hul ook die vryheid kan kry?
Die hemel brand hy slaan my kant en die wind waai deur my hare
Daar is niks meer wat my kan keer, adrenalien vloei deur my are
En ek dink weer aan die skare die hemel brand

Die jare van my lewe snel te gou by my verby
Ek soek vergeefs na gisters wat ek nooit weer terug sal kry (Wat jy nie terug sal kry nie)
Die ruite is toe, die motreëntjie waai
Dit is ‘n gejaag, dis hoe my lewe draai

Die hemel brand hy slaan my kant en die wind waai deur my hare
Daar is niks meer wat my kan keer, adrenalien vloei deur my are
En ek dink weer aan die skare die hemel brand

Die mense jaag vinnig verby, sal hul ook die vryheid kan kry?
Die hemel brand hy slaan my kant en die wind waai deur my hare
Daar is niks meer wat my kan keer, adrenalien vloei deur my are
En ek dink weer aan die skare die hemel brand
Die hemel brand
En ek dink weer aan die skare die hemel brand

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Nádine

Autres artistes de Pop rock