Honderdduisend Woorde
Ek ken my hart se paaie
Waar my drome lê
Ek ken my hart's geheime
Ek weet wat ek wil hê
Kyk deur my hart se ruite
Sien wat ek bedoel
Daar is geen verwyte
Maar weet jy hoe ek voel?
Honderdduisend woorde
Sal dit nie kan sê
Honderdduisend ure
Wat tussen ons kom lê
Herken ons nou die oomblik, of is dit al verby?
Om een keer jou hart te wen is die moeite werd vir my
Ek sing vir jou die wysies
Met woorde uit my hart
Dit sal nie altyd rym nie
En klink soms verward
Maar deur jou hart se ruite
Sien ek hoe jy voel
Ek weet nou jy verstaan my
Jy weet wat ek bedoel