Dankie

Ek sit hier in stilte en besef
Die geluk wat 'n man na aan trane kan dryf
Soms vergeet ons in die duister van dae
Dat die min dinge wat ons het, rykdom van konings dra

En ons vergeet soms hoe om te waardeer
Die lewe bring ons verrassings keer op keer
Maar ek besef vandag die waarde van lag
Die wêreld kan net beter raak met 'n dankie elke dag

Dankie vir liefde wat ons verniet kan deel
En dankie vir kinders, vir vriende en meer
Dankie vir twee arms om my veilig te hou
En 'n dak bo my kop om 'n gesin saam te bou

Dankie vir anders wat hul wysheid kan gee
Vir die Hemel en geloof wat my grond in elke tree
En dankie vir 'n land waar ek my taal in kan deel
En dankie vir 'n lewe, ek kan nie vra vir meer

En ek weet vandag die waarde wat liefde dra
Om jou naaste te omhels en altyd te vra
Vir genade en seën vir die een met geen
Die liefde kos jou niks as jou hart dit kan leer

Dankie vir liefde wat ons verniet kan deel
En dankie vir kinders, vir vriende en meer
Dankie vir twee arms om my veilig te hou
En 'n dak bo my kop om 'n gesin saam te bou

Dankie vir anders wat hul wysheid kan gee
Vir die Hemel en geloof wat my grond in elke tree
En dankie vir 'n land waar ek my taal in kan deel
En dankie vir 'n lewe, ek kan nie vra vir meer

As jou gety sou draai om jou met weerstand te laai
Dis die mense om jou, daar om jou veilig te hou
As die wind rigting draai en jou met seëning saai
Maak dankie dalk more 'n draai

Dankie vir liefde wat ons verniet kan deel
En dankie vir kinders, vir vriende en meer
Dankie vir twee arms om my veilig te hou
En 'n dak bo my kop om 'n gesin saam te bou

Dankie vir anders wat hul wysheid kan gee
Vir die Hemel en geloof wat my grond in elke tree
En dankie vir 'n land waar e kmy taal in kan deel
En dankie vir 'n lewe, ek kan nie vra vir meer

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Pieter Koen

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)