Die Moeite Werd
Hoe het jy belowe om te bly by my
Net om weg te stap elke keer
In die hitte van die oomblik
Soms is jy ‘n raaisel sonder oplossing
Wat my net hier los, ek probeer
Maar jy weier my behoorlik
Selfs al sou jy nooit weer terugkom nie
En ek nie weer jou soene voel nie
Weet ek
Dit wat daar alles was tussen jou en my
Was ‘n oomblik in die hemel soos mens asem kry
Jy was die moeite werd gewees
En soos die trane val altyd net oor jou
En die klop in my hart met elke slag verflou
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees
Te veel keer, was ek so teleurgesteld
Net om op te staan af te stof
En vergeet wat ooit gebeur het
Wat het jy gedink toe jy dit vir my sê
Dat jy my verstaan hoe ek voel
En dis beter om te gaan
Selfs al sou jy nooit weer terugkom nie
En ek nie weer jou soene voel nie
Weet ek
Dit wat daar alles was tussen jou en my
Was 'n oomblik in die hemel soos mens asem kry
Jy was die moeite werd gewees
Soos die trane val altyd net oor jou
En die klop in my hart met elke slag verflou
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees
Ek sal onthou
Hoe dit was tussen my en jou
Ek sal onthou
Die moeite werd gewees
Wat daar alles was tussen jou en my
Is ‘n oomblik in die hemel soos mens asem kry
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees
Dit wat daar alles was tussen jou en my
Was ‘n oomblik in die hemel soos mens asem kry
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees
En soos die trane val altyd net oor jou
En die klop in my hart met elke slag verflou
Jy was die moeite werd gewees
Die moeite werd gewees