Hou Die Hemel Oop [Live]

Ek's 'n sondaar, ek weet
Ek het baie harte seergemaak, en baie al gebreek
En my gewete is gebrand
Ek het te veel keer gekies teen rede en verstand

Maar ek is uitoorlê
Ek het oorgegee aan wie ek is

So hou die hemel oop vir as ek kom
Eendag as die tyd vir my sou kom
Dalk is dit nie nou maar ek's gereed
Dalk is dit vandag net die Here weet
Net die Here weet

Oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh

Ek was verlore maar nou gevind
En sonder die gewig haal ek asem soos 'n kind
Daar wys 'n vinger
Na wie ek was
Maar ek het bittergou geleer, ek is witter as wit gewas

Ek sien waar ek behoort
'n Ewigheid van hoop, en wie Hy is

So hou die hemel oop vir as ek kom
Eendag as die tyd vir my sou kom
Dalk is dit nie nou maar ek's gereed
Dalk is dit vandag net die Here weet
Net die Here weet

Oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh

Oh, oh, oh, sê my wat jy glo aan die einde
Oh, oh, oh, die waarheid is jou en myne, Hy's lewe, Hy is die lig
Die vrede wat my hart verlig, oh
Sê my wat jy glo aan die einde

Hou die hemel oop vir as ek kom
Eendag as die tyd vir my sou kom
Dalk is dit nie nou maar ek's gereed
Dalk is dit vandag net die Here weet
Net die Here weet

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Riana Nel

Autres artistes de Country pop