Massa Mense

Alles skommel rondom die vrae en die antwoorde wat ons en die hoekoms
Maar alles is nodig nou
Onder ligte voor duisende gesigte
Deur die het ek die reg om hier te wees

En as ek staan voor ‘n massa mense
Sal ek weet wie ek is
En tienduisend hande in die lug steek
Sal ek weet dat dit net U is

Maar soms lyk alles vals en so moeilik eensaam vermoeiend
Maar is dit waar U my wil hê?
Want ek stamp my kop teen ‘n klip en ek struikel en ek val
Geen mens se hand wat my op kan tel

As ek staan voor ‘n massa mense
Sou ek weet wie ek is
En tienduisend hande in die lug steek
Sou ek weet dat dit net U is

As ek staan voor ‘n massa mense
Sou ek weet wie ek is
En tienduisend hande in die lug steek
Sou ek weet dat dit net U is

Smelt my weg tot net U oorbly in my
Meer van U, minder van my in my
Laat my hart en my gedagtes skoon bly
Soos ‘n kind onskuldig in U herbly

As ek staan voor ‘n massa mense
Sou ek weet wie ek is
En tienduisend hande in die lug steek
Sou ek weet dat dit net U is

As ek staan voor ‘n massa mense
Sou ek weet wie ek is
En tienduisend hande in die lug steek
Sou ek weet dat dit net U is, is
Is
Wie ek is

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Riana Nel

Autres artistes de Country pop