Niemand
Ek wou wag
Vir dié een
Wat my wêreld sou verander en my sou kom leer
Jy was nie wat ek sou dink nie
Jy was beter as my drome, jy't dit omgekeer
Jy's my einde, en ek's jou begin
Jy't geweet hoe om my te ontgin
Want niemand sal my ooit verstaan soos wat jy my verstaan
My emosies, my hart en die feit dat jy wag
Hoe om alles te sê sodat ek sal bly weet
Dis nie aldag wat iemand jou hart kan ontleed
Sluit die deur
Almal slaap
Moenie lag en maak geraas, en ons moet saggies praat
Ek kry koud, so
Hou my vas
Dit raak warm in jou arms, sit die ligte af
Dis die middel van die aand langs jou
Waar ons die stukkies van die legkaart bou
Want niemand sal my ooit verstaan soos wat jy my verstaan
My emosies, my hart en die feit dat jy wag
Hoe om alles te sê sodat ek sal bly weet
Dis nie aldag wat iemand jou hart kan ontleed
Jy weet jy is soos geen ander
En sal nooit verander, weet presies wie jy is
En wie jy vir my moet wees, jy weet ek is van my kop af
Maar selfs in my op en af
Bly jy 'n rots waarop ek veilig kan staan
Niemand sal my ooit verstaan soos wat jy my verstaan