Tot Die Einde
Jy sê dit alles lyk so onmoontlik
Jou drome is te groot, net soos gewoonlik
Maar êrens in jou hart is daar 'n bietjie hoop
So bly net glo in waar jy weet jy behoort
Al maak hul woorde jou bitter seer, wie kan jou keer?
Hoe sal jy ooit verseker weet as jy nooit probeer
So vat jou kans en gaan wys die wêreld
Jy sal veg, jy sal veg tot die einde
Skyn jou lig tot daar ver in die verte
Bly net veg, bly net veg tot die einde
Al bly daar niks van jou oor, wat het jy verloor?
Al bly daar niks van jou oor, wat het jy verloor?
Jy weet die wêreld kyk so ongelowig
Maar om dit reg te kry, is ongelooflik
Al moet jy aanhou wag tot bittereinde
Bly net glo, later lees tussen die lyne
Al maak hul woorde jou bitter seer, wie kan jou keer?
Hoe sal jy ooit verseker weet as jy nooit probeer
So vat jou kans en gaan wys die wêreld
Jy sal veg, jy sal veg tot die einde
Skyn jou lig tot daar ver in die verte
Bly net veg, bly net veg tot die einde
Al bly daar niks van jou oor, wat het jy verloor?
Al bly daar niks van jou oor, wat het jy verloor?
As jy moet val op jou knieë, en dit net weer moet probeer, al moet jy alles verloor
En weer begin
Dit is die kans wat ons vat, dit is die pad wat ons stap, dis hoe jy weet
Dis wat jy wou hê
So vat jou kans en gaan wys die wêreld
Jy sal veg, jy sal veg tot die einde
Skyn jou lig tot daar ver in die verte
Bly net veg, bly net veg tot die einde
Al bly daar niks van jou oor, wat het jy verloor?
Al bly daar niks van jou oor, wat het jy verloor?
Wat het jy verloor?