Hierdie Kind

Wie sou kon dink dat eeue terug soos die profete sê
In Betlehem 'n Kind sou kom wat in 'n krip sou lê

En wie sou kon dink dat hierdie Kind, Maria en Josef se seun
Die sonde van hierdie wêreld op Homself sou neem

En wie sou kon glo dat hierdie Kind wat lag, en speel, en sing
Vir al Sy maatjies in die buurt en vir ons die lig sou bring

En wie sou kon droom dat hierdie Kind die wonder laat gebeur
Dat dooies opstaan en dowes hoor en sondaars hul bekeer

En wie sou kon raai dat hierdie Kind vir 'n wêreld se pyn en nood
As Verlosser aan 'n kruis sou sterf en opstaan uit die dood

En o ek weet, ek weet dit gewis, dat hierdie Kind die Redder is
En o ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie Kind ons hoop en redding is

Soos die jare kom en gaan sedert daardie dag
Soek die mensheid steeds na lig, nog nooit was dit só nag

Volke veg teen volke
Een broer teen 'n ander
Wit teen swart, en swart teen wit, dit het nog nooit verander

En soveel mense wêreldwyd leef steeds in hongersnood
En atoombomme, en vigs, en aborsies maak miljoene mense dood

En die dwaasheid van die mensheid word die wysheid van die uur
En strome vuil besoedeling vernietig die natuur

Maar ten midde van al hierdie chaos wat ons glad nie meer kan keer
Weet my hart verseker hierdie Kind kom weer

O ek weet, ek weet dit gewis, dat hierdie Kind die Redder is
En o ek glo, ek glo dit gewis, dat hierdie Kind ons hoop en redding is

Wie sou kon dink dat hierdie Kind weer eendag terug sou keer
Om as Regter te kom oordeel en as Koning te regeer

Verstaan jy nou, hoe kan jy sien wie hierdie Kindjie is
Dat Hy die Regter, die enigste hoop vir hierdie wêreld is (Hy's ons hoop)

Die hoop vir hierdie wêreld is

Curiosités sur la chanson Hierdie Kind de Rina Hugo

Quand la chanson “Hierdie Kind” a-t-elle été lancée par Rina Hugo?
La chanson Hierdie Kind a été lancée en 2009, sur l’album “Wat 'n Vriend Het Ons In”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Rina Hugo

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)