Krone 6 Finale Medley

Kom wees 'n bietjie sexy vir my
Dans 'n bietjie praat Spaans 'n bietjie sedígero vir my
Dans met my die hele aand ja kom ons maak of niemand nou kyk
Dis net ek en jy
Kom wees 'n bietjie sexy
Sexy vir my

Ek wag al lank vir 'n aand soos vanaand saam met jou
Jy is 'n bloedrooi Ferrari die ouens staan tou
Jy maak 'n ding in my wakker ek kan nie teruggaan
So doen gou daai ding wat jy weet ek like sommer nou

Kom wees 'n bietjie sexy vir my
Dans 'n bietjie praat Spaans 'n bietjie sedígero vir my
Dans met my die hele aand ja kom ons maak of niemand nou kyk
Dis net ek en jy
Kom wees 'n bietjie sexy
Sexy vir my
Kom wees 'n bietjie sexy vir my

Hoor jy in die middel van die nag en weet jy
Dat ek vir jou wag verstaan jy?
Sien jy hierdie donker hart wat huil?

Nag dis nag hier binne my
En iewers baie ver
Iewers fluister jy
Ek hoor jou in my siel
My hart is so verniel
Ek verlang na jou

Wag ek wens jy het gewag
Dis duister rondom my
Ek dans in hierdie nag
Hoe kon jy net gaan?
Ek wens ek het verstaan
Ek verlang na jou

Hoor jy in die middel van die nag en weet jy
Dat ek vir jou wag verstaan jy?
Sien jy hierdie donker hart wat huil?

Oor alles wat ons kan verloor het
Wat as jy my net gehoor het?
Sien jy hierdie donker hart wat huil?
Hoekom is ek so verward?
Sien jy my donker hart?

Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Mphe di hoener mphe di lemon and herb
Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Chicken Licken mphe di full chicken braai

I was walking down the street looking for something to eat
Maybe a burger or a pizza or a pepper steak pie
As I walk around the corner something caught my eye
Chicken Licken and a Kentucky Fry

Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Mphe di hoener mphe di lemon and herb
Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Chicken Licken mphe di full chicken braai

Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Mphe di hoener mphe di lemon and herb
Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Chicken Licken mphe di full chicken braai

Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Mphe di hoener mphe di lemon and herb
Mphe di hoener mphe di Kentucky Fry
Chicken Licken mphe di full chicken braai

Ek kan onthou hoe jy by my pas
Ek kan onthou hoe perfek dit was
Maar ek soek nou na jou
En my hart voel rou

Ek's goed genoeg as dit vir jou pas
Maar skuins na twaalf word ek net 'n las
En dit maak my so seer
Wanneer sal ek ooit leer?

Want jy soen my nie meer nie soen my nie meer nie
En ek mis hoe dit was (Mis hoe dit was)
En jy maak met my hart soos klei
Dis die skoen wat jou pas

Want jy soen my nie meer nie soen my nie meer nie
En ek mis hoe dit was (Mis hoe dit was)
En jy maak met my hart soos klei dis die skoen wat jou pas
En jy maak met my hart soos klei dis die skoen wat jou pas

Jou vat jou lyf jou fynbesnaarde bene
Loop verby soos koringare
En die manne val soos vlieë as jy 'n kyk of twee weggee
Ek soek jou aandag al hoe meer

Die woorde raak verdwaal hier in my mond
Ek is gekwes ek weet ek is gewond
En skielik weet ek dat jy
Die eksie in perfeksie sit

Jy laat jy laat jy laat dit so maklik lyk
Jy weet jy weet net wat doen daai stoute kyk
Met die hart van my
Kan ek asseblief net my asem weer terug kry

Jy laat jy laat jy laat dit so maklik lyk
Jy weet jy weet ek is vuur en vlam vooruit
Ek wil alles gee
My hart my liefde en soveel meer
Jy laat dit maklik lyk

Die langpad
Kan somtyds bietjie van mens wegvat
Die ligte in die nag maak dit duidelik
Soms is dinge net te tydelik

En woorde
Kan ook net soveel belowe
Toe ek jou sien weet ek jy's verbode
En al wat ek wou doen is praat
Maar toe is dit te laat

Jy laat my brand
Ek wens ons was weer terug in gisteraand
My vel voel nog die passie van jou sagte hand
Ek wil regtig nie myself verloor

Hoe kan ek anders met daai donker oë wat jy
Gebruik soos jy my hande in die donker lei
Ek weet dis teen die reëls maar ek wil langer bly
Ek weet nie wat dit is nie maar dit
Dit brand in my

Vuur op die water ys na die front
Ek en jy brand af tot op die grond
Vuur op die water ys na die front
Ek en jy brand af tot op die grond

Jy laat my brand
Ek wens ons was weer terug in gisteraand
My vel voel nog die passie van jou sagte hand
Ek wil regtig nie myself verloor
Verloor tot op die grond

Hier kom die Filistyne hulle kom hier vir ons jok
Praat van vry en veilig leef en plaas ons in 'n hok

Verlos my van jou grendel verlos my van jou slot
Vry van alle grense in gister se komplot

Ek gee vir my jou woorde
Ek belowe jou my hart
Ek gee jou my generasie
Liefdegenerasie

Ek gee jou my gedagtes
Ek belowe jou die lug
Ek gee jou my generasie
Liefdegenerasie

Dis die raaisel van die skaakspel
Met die uurglas wat die tyd tel
Die koning stuur kastele
Die perde kry bevele
En die koningin baklei

Gooi jou kaarte op die tafel
Laat jou dobbelsteen maar val
Die pionne uitgepak
Die wit vlag laat sak
Elke troefkaart in skaakmat

Silver en skoonheid raak oud maar ons voer nog die oorlog
Ons weet die liefde weeg swaarder as goud maar die skote klap nog
My liefling laat sak jou vuiste en hou my hart as gyselaar
Lê neer al jou wapens deur hierdie oorlog sal ek jou dra

Gaan groot of gaan huis toe
Ag toe toe toe toe kom dat ek wys hoe
Jy lekker nou jou lyf kan skud en die dansvloer beweeg vanaand

Gaan groot of jy weet nie
'n Lekker lekker aand om nie te vergeet nie
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand

Dis lekker tyd om te dans
Jy wag dat iemand jou vra
Dis nou die kans om dit te vat vat vat
Vanaand en almal wag vir jou daar (En almal wag vir jou daar)

Want vanaand gaan ons groot
O en die musiek is gelaai
Ons gaan hom vat totdat die maan gaan lê en die hanne in die oggend kraai

Gaan groot of gaan huis toe
Ag toe toe toe toe kom dat ek wys hoe
Jy lekker na jou lyf kan skud en die dansvloer beweeg vanaand

Gaan groot of jy weet nie
'n Lekker lekker aand om nie te vergeet nie
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand

Ons gaan bly
Totdat die voete op die vloer verdwyn
Ons gaan bly
Totdat die son begin hieroor kom skyn

Gaan groot of gaan huis toe
Ag toe toe toe toe kom dat ek wys hoe
Jy lekker nou jou lyf kan skud en die dansvloer beweeg vanaand

Gaan groot of jy weet nie
'n Lekker lekker aand om nie te vergeet nie
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand
So vat hom aan die lywe vas en brand hierdie vloer vanaand

Wil jou vashou wil jou vashou
Wil jou tussen al die ander mense in die skare vashou
Dis net ek en jy nou

Raak verlore in my oë
Lewe in die oomblik ware liefde is nou net gebore
Dis net ek en jy nou

Ek het hoop vir ‘n soen
En ek het hoop vir ‘n drukkie om die draai
Wie sou dit kon raai?

'n Halleluja soen
'n Halleluja soen
Ek het hoop vir ‘n soen

'n Hallelujah soen
'n Hallelujah soen
'n Hallelujah soen
'n Hallelujah soen
Hallelujah soen

Wat ruk so?
Is dit Tant Bessie by die koolstoof
Of Oom Botha in die graanstoor?
Wat ruk so?
Is dit Tant Tok in die hoender hok?

Wat ruk so?
Is dit ou Sakkie in sy bakkie?
Of is dit San in die plaasdam?
Wat ruk so?
Is dit oom Jan wat wil slange vang?

Daar is 'n ding wat ruk hy ruk skoon onbeskof
So staan maar terug pasop ek like dit net as hy drop

Dropit soos 'n Disprin
Dropit soos 'n Disprin
Dropit soos 'n Disprin

Al die girls van jou wil bad
Met jou vellies soos ou ramkat steek uit
En moenie moenie kom hanna hanna nie
Jy dropit soos 'n Disprin

Al die girls van jou wil kam
As jy dit drop soos 'n lekker ou Jan steek uit
En moenie moenie kom hanna hanna nie
Jy dropit soos 'n Disprin

Wat ruk so?
Wat ruk so?
Wat ruk so?
Wat ruk so?
Dropit soos 'n Disprin

Al die girls van jou wil bad
Met jou vellies soos ou ramkat steek uit
En moenie moenie kom hanna hanna nie
Jy dropit soos 'n Disprin

Al die girls van jou wil kam
As jy dit drop soos 'n lekker ou Jan steek uit
En moenie moenie kom hanna hanna nie
Jy dropit soos 'n Disprin

Jy dropit soos 'n Disprin
Jy dropit soos 'n Disprin
Jy dropit soos 'n Disprin
Jy dropit soos 'n Disprin
Wat ruk so?

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Robbie Wessels

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)