Lorrie Drywer

Daar’s iets in die winter wat my pla
Iets in die lug wat ‘n vloek dra
En dit vat my weer oor
Soos ‘n jaar van te voor
Ek het my baby verloor

Ek sien verse kyk deur my ruit
Die vlaktes lê wyd uitgesprei
Daar’s heeltyd musiek
En die beeld van ‘n fliek
Maak my nogsteeds bietjie siek

In die Klein Karoo
Sien ek weer jou oë
En ek kyk na die maan en die sterre daar bo

En ek dink aan jou lorrie drywer
Daar waar jy ry
Aan die punt van jou hart
Wat dalk ‘n ander man vry

Dis asof die son presies weet waar ons ry
Hy sak heeltemal te stadig vir my
Ek wens die skemer verby
Wat my emosies wil ry
Die winter is net nie vir my

In die Klein Karoo
Sien ek weer jou oë
En ek kyk na die maan en die sterre daar bo

En ek dink aan jou lorrie drywer
Daar waar jy ry
Aan die punt van jou hart
Wat dalk ‘n ander man vry

In die Klein Karoo
Sien ek weer jou oë
En ek kyk na die maan en die sterre daar bo

En ek dink aan jou lorrie drywer
Daar waar jy ry
Aan die punt van jou hart
Wat dalk ‘n ander man vry

Curiosités sur la chanson Lorrie Drywer de Robbie Wessels

Quand la chanson “Lorrie Drywer” a-t-elle été lancée par Robbie Wessels?
La chanson Lorrie Drywer a été lancée en 2006, sur l’album “Halley Se Komeet”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Robbie Wessels

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)