Ons Huil Nie

Van Walvis tot in Langstrand tussen duine en die seesand
Loop die pad by Swakopmund verby
En al die quadbike spoortjies ly na baie stories
Van ure se plesier in die kontrei

En hier eet ons ‘n broodtjie met ‘n koffietjie daarby
En as iemand my sou vra
Hoe gaan dit dan met my?
Sou ek sê

Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie
Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie

Oom Alfred is al tagtig hy sê vir my my magtig
Jy’s dertig en jy lyk dan donners moeg
Ek werk jare hier in Henties en in my laat twenties
Het ek laat gaan slaap en opgestaan weer vroeg

En so ry ons in sy bakkie op die soutpad oor dit bult
En as iemand hom sou vra
Hoe gaan dit Oom Alfred?
Sou hy sê

Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie
Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie

Die 4x4 se bande gly gemaklik oor die sande
Die gazebos en sandsambrele lê gesaai
Oom Alfred wys die spot uit dis hierso waar die vis byt
En ons begin die stokke af te laai

En ek gebruik ‘n pilchard met ‘n chokkatjie daar by
En as iemand ons sou vra
Of loop die vis ok?
Sou ons sê

Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie
Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie

Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie
Neewat ons huil nie neewat ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie
Die visse byt nie aan die aas nie maar ons huil nie

Curiosités sur la chanson Ons Huil Nie de Robbie Wessels

Quand la chanson “Ons Huil Nie” a-t-elle été lancée par Robbie Wessels?
La chanson Ons Huil Nie a été lancée en 2012, sur l’album “Kaalvoet”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Robbie Wessels

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)