Pieter Van Zyl
1891 New Zealand Oos
Het 'n referee ontstaan
Hy's geprogrammeer om 'n Bok te keer
En te bedonder waar hy kan
Sy kop is van hout
Dit reageer op 'n Springbok se fout
En die Bokke raak benoud
Die ref voel fokkol vir die Groen en Goud
O referee referee my arme broer
Gaan sukkel met almal maar pasop vir 'n boer
Want met Klipdrift en Coke word hy daagliks gevoer
En as ietsie hom pla dan staan hy reg om te moer
Pieter Van Zyl Potchefstroom
Het 'n Bokkebond gestig
Hy't vas besluit 'n ref sal skyt
Wat sy hand vir 'n Springbok lig
Brandewyn op die trein
Het die manne gebruik vir die pyn
En Pieter se groot vriend Steyn
Het hom ge-dare dat die ref verdwyn
O referee referee my arme broer
Ons het jou gewaarsku pasop vir 'n boer
Want 'n boer het daai ding om 'n ref te wil moer
Veral as sy vriende hom met brandewyn voer
Sestien twee en vyftig Sekurikor
Het die Bokkebond gaan lê
Piet Van Zyl het sag gehuil
En vir sy liefste vrou gesê
Pak al jou goed
Ons gaan verdrink in die Bokke se bloed
Maar sy vroutjie sê met moed
Cornè Krige se wraak is soet
Referee referee my arme broer
Gaan sukkel met almal maar pasop vir 'n boer
Want met Klipdrift en Coke word hy daagliks gevoer
En as ietsie hom pla dan staan hy reg om te moer