Speedo's en Crocs
Die beach is gepak met bruin gebrande lywe
Van toon gesmeer met lotion tot onder hulle kywe
Sandkastele sonsambrele kites en karretjies met roomys
Mejuffrou Bikini saam sensasie meneer spier wys
Maar anderkant die duine
Naby aan die rocks
Staan ‘n ou en pose met sy Speedo's en Crocs
Speedo's en Crocs
Daai kite vlieg nie
Speedo's en Crocs
Is verkeerd
Speedo's en Crocs
Ek gaan nie vir jou lieg nie
Speedos en Crocs
Is weird
Ek en Labs drink Coca-Cola soos ons loop tussen die duine
Wie se spiere is die grootste is dit joune is dit myne?
Ons is manne op vakansie sonder stres sonder worries
En skielik staan hy voor ons boelie die breker Barries
En ons hardloop oor die duine deur die mense na die rocks
Met Barries agterna in sy Speedo's en Crocs
Speedos en Crocs
Daai kite vlieg nie
Speedos en Crocs
Is verkeerd
Speedos en Crocs
Ek gaan nie vir jou lieg nie
Speedos en Crocs
Is weird
Dit raak stiller bietjie koeler daar's nog net 'n paar sambrele
Ons soek jewellery en kleingeld en ons breek die sandkastele
Soos ons wegloop van die branders lê die lywe al hoe minder
Ek en Laba kyk vir oulaas is daar iemand om te hinder
Maar skielik uit die blou word ons omsingel by die rocks
Deur Barries en sy chommies in hul speedos en crocs
Speedo's en Crocs
Daai kite vlieg nie
Speedo's en Crocs
Is verkeerd
Speedo's en Crocs
Ek gaan nie vir jou lieg nie
Speedos en crocs
Is weird
Speedo's en Crocs
Daai kite vlieg nie
Speedo's en Crocs
Is verkeerd
Speedo's en Crocs
Ek gaan nie vir jou lieg nie
Speedo's en Crocs
Is weird