Kalm Voor Die Storm

Johan Oberholzer

Rustig haal asem
Die ruit opgewasem
Ek teken 'n hartjie daarteen

Ek wys na die prentjie
Ek hoef niks te sê nie
Jy weet hy behoort net aan een

Sal jou warm hou
Soos die vuur wat hier in my brand
Sal nou net vir jou
Alles gee wat ek kan

Jy's my kalm voor die storm
Wat my rustig hou
Jy's die wal voor die dam waar ek al my liefde bêre vir jou
En al breek die wolke vloede uit die hemel
Sal ek nêrens anders heen wil gaan
Want my kalm voor die storm
Is wie voor my staan

Hou net jou oë toe
Terwyl ek vertel hoe
Ek jou altyd veilig sal hou

Jy sê nie 'n woord nie
Jy weet jy behoort hier
Terwyl storms buite opbou (Ek sal jou)

Ek sal jou warm hou
Soos die vuur wat hier in my brand (Ek sal jou)
Ek sal nou net vir jou
Alles gee wat ek kan

Jy's my kalm voor die storm
Wat my rustig hou
Jy's die wal voor die dam waar ek al my liefde bêre vir jou

En al breek die wolke vloede uit die hemel
Sal ek nêrens anders heen wil gaan
Want my kalm voor die storm
Is wie voor my staan

Die strale brand
Silwer kant
Om elke wolk se rand
Ek sien dit in jou oë

Jy's my kalm voor die storm
Wat my rustig hou
Jy's die wal voor die dam waar ek al my liefde bêre vir jou

En al breek die wolke vloede uit die hemel
Sal ek nêrens anders heen wil gaan
Want my kalm voor die storm
Is wie voor my staan

Jy's die wal voor die dam waar ek al my liefde bêre vir jou
En al breek die wolke vloede uit die hemel
Sal ek nêrens anders heen wil gaan
Want my kalm voor die storm
Is wie voor my staan

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Tarryn Lamb

Autres artistes de Afrikaans