'N Sonneblom Uit Bethlehem

Nog ’n somerson Kersfees
Want die Koningskind verjaar
Ek skryf vir jou uit die noorde
En sal die posduif vra

Sal hy gaan draai in die suide
By die berg en die see
En daar waar my liefde kaalvoet loop die nota
Vir jou gee

Ek bring vir jou ’n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Nog ’n somerson Kersfees
Want die Koningskind verjaar
Die Suiderkruis my kompas en ‘n eng’le koor ry saam
En my hart gesels langsaam
Oor die liefde, en ek weet
Die herberg lê om die draai jy wag vir my by die see

Ek bring vir jou ’n sonneblom uit Bethlehem
En gee dit water op Bloemfontein
Uit Hanover bring ek kappertjiesaad uit die tuin van nr 3 Darlingstraat
En Hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Tarryn Lamb

Autres artistes de Afrikaans