Tjailatyd

Vyf voor nege as ek Hatfield sien
En die kuier vir die aand is in Duncanstraat
McGillis tot McGinty's op my kitaar geslaan
In Maloneys gestaan, op 'n Donderdag aand
Op 'n Donderdag aand

As die ore min raak, my oë toe
Kom die barman om als weg te vat, ek rol die drade op, maak die koffers vol
Net die koffie bly oor, om my warm te maak
My warm te maak

Jy't gesê vanaand, sal jy kom luister soos gisteraand
Maar jou stoel is leeg en my hart is vol van al die goeters wat ek jou nog wou vra
Maar nou's dit vir my weer sulke tyd
Pak tyd, trap tyd, tjailatyd
Pak tyd, trap tyd, tjailatyd

Kwart oor twee as die plek stil raak en die druppels teen die ruite hulle prentjies maak
Al 'n duisend keer hierdie pad gestap, vir 'n appel en 'n ui
Deur my hart gestap
Vir die liefe van die saak

Jy't gesê vanaand sal jy kom luister soos gisteraand
Maar jou stoel is leeg en my hart is vol van al die goeters wat ek jou nog wou vra
Maar nou is dit vir my weer sulke tyd
Pak tyd, trap tyd, tjailatyd
Pak tyd, trap tyd, tjailatyd

Pak jou kitare vir die reis
Al voel jy verlore in die stadsgedruis
Jou voete sal jou die plekke wys
Gloeiende gesigte sal jou droom laat skyn
Die eelte op jou vingers sal weer verdwyn

Jy't gesê vanaand sal jy kom luister soos gisteraand
Maar jou stoel is leeg en my hart is vol van al die goeters wat ek jou nog wou vra
Maar nou dis dit vir my weer sulke tyd
Pak tyd, trap tyd, tjailatyd
Pak tyd, trap tyd, tjailatyd

Curiosités sur la chanson Tjailatyd de Theuns Jordaan

Quand la chanson “Tjailatyd” a-t-elle été lancée par Theuns Jordaan?
La chanson Tjailatyd a été lancée en 2007, sur l’album “Tjailatyd”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Theuns Jordaan

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)