In die huis waar stilte woon

Hulle het gewoon op ‘n plaas duskant Senekal
Dit was ‘n veeplaas met 'n mooi opstal
En dis moeilik om te glo
Dis die huis waar stilte woon

En die kamers se ruit is steeds gebreek
Waarby ‘n kant gordyn sy tong uitsteek
Die skerwe nog op die plankvloer lê
In die huis waar stilte woon

Sy was sy vrou sy vriend en sy lover
En hy’t haar lief soos geen ander
Ooh en sy was die ma wat sy kinders moes dra
Sy was sy vrou sy vriend en sy lover

En die reuk van brood hang nie meer daar
Dis net sy stoppelbaard wat na die kiekies staar
Om te sien of haar glimlag nog die selfde lyk
Maar dis asof sy deur hom na die donker kyk

Hy sê my baby ek trap ‘n bloedspoor
Tot hier voor ons agterdeur
En hier voor ons God se altaar
Beskaaf ek nou my knieë deur

Sy was sy vrou sy vriend en sy lover
En hy’t haar lief soos geen ander
Ooh en sy was die ma wat sy kinders moes dra
Sy was sy vrou sy vriend en sy lover

En hy het haar gekry op die plaas se stoep
Haar arms en haar bene was vol bloed
Hy’t haar vas gedruk
En nog asem in haar lyf gesoek

En hy strooi haar as in ‘n vloed rivier
Laat haar spoel tot op strande ver van hier
Sodat haar siel kan woon in ‘n sandkasteel
En die kinders heeldag tot maller kan speel

En hy laat wilde rose deur sy geraamtes rank
En blom in die vroeë oggend mis
Sodat vlinders vlugtig sitplek vind
Op die plekke waar hy stukkend is

Sy was sy vrou sy vriend en sy lover
En hy’t haar lief soos geen ander
Ooh en sy was die ma wat sy kinders moes dra
Sy was sy vrou sy vriend en sy lover

Curiosités sur la chanson In die huis waar stilte woon de Adam Tas

Quand la chanson “In die huis waar stilte woon” a-t-elle été lancée par Adam Tas?
La chanson In die huis waar stilte woon a été lancée en 2013, sur l’album “'n Spesiale Aand Met Adam Tas”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Adam Tas

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)