Is dit hoe die hemel lyk?

Op 'n riempies bank in 'n rietdak huis sit Liewe Jesus en my pa
Hulle praat so oor die boerdery en al die peste wat so pla
Op 'n AGA stoof staan 'n ketel en kook soet swart boeretroos
Daar's 'n glimlag op Jesus se gesig en in my pa se blou blou oë

En is dit hoe Sy Hemel lyk?
En is dit hoe Sy Hemel proe?
En hoeveel paadjies moes hy loop om 'n stukkie van Sy Hemel te proe?
En hoeveel paaie moes hy loop om 'n stukkie van Sy Hemel te proe?

Op 'n visserman skuit in 'n silwer see sit my vriend Schalk en vang
Sulke groot vet visse wat sy nette skeur en soos reën in sy boot in val
En ek sien hoe hy na Sy Hemel kyk daar's 'n glimlag in sy oë
En sy laaste vakansie was so welverdiend soos manna uit die Hand van Bo

En is dit hoe Sy Hemel lyk?
En is dit hoe Sy Hemel proe?
En hoeveel paadjies moes hy loop om 'n stukkie van Sy Hemel te proe?
En hoeveel paaie moes hy loop om 'n stukkie van daai Hemel te proe?

Op 'n riempies bank in 'n rietdak huis
Sit Liewe Jesus en my pa
Hulle praat so oor die boerdery en sê alles is okay my bra

Curiosités sur la chanson Is dit hoe die hemel lyk? de Adam Tas

Quand la chanson “Is dit hoe die hemel lyk?” a-t-elle été lancée par Adam Tas?
La chanson Is dit hoe die hemel lyk? a été lancée en 2013, sur l’album “'n Spesiale Aand Met Adam Tas”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Adam Tas

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)