Ek Wil Eerder Weet As Wonder

Die storms wil nie lê nie
Die wind is nie wat ek wil hê nie
Die mis is te dig vir die klein bietjie lig
Daar’s geen einde in sig

Die vloede wil nie sak nie
Ek wen nie teen die water vlak nie
My liggaam is moeg teen die strome geswoeg
Dis nou meer as genoeg

Antwoord my briewe
Sê vir my liewer sodat ek net weet
Moet ek aan beweeg dan sal ek kan vergeet van jou
Ek is gereed want ek wil eerder weet as wonder

Jou woorde is nie duidelik
Jou taal van liefde so verlydlik
Jy’s klaar oor die lyn tussen jou tussen my
Kan geen terug paadjie kry

Antwoord my briewe
Sê vir my liewer sodat ek net weet
Moet ek aan beweeg dan sal ek kan vergeet van jou
Ek is gereed want ek wil eerder weet as wonder

Sit dit in woorde
Ek wil dit hoor dit is nou maak of breek
Moet ek aan beweeg of is jy ook gereed
Ek wil eerder weet as wonder

Ek kan nie wag vir die storms om om my te ween
Het geleer om te dans in die val van die reën
Maar die druppels verander nou vinnig in seer
Ek moet weet

Antwoord my briewe
Sê vir my liewer sodat ek net weet
Moet ek aan beweeg dan sal ek kan vergeet van jou
Ek is gereed want ek wil eerder weet as wonder

Sit dit in woorde
Ek wil dit hoor dit is nou maak of breuk
Moet ek aan beweeg of is jy ook gereed
Ek wil eerder weet as wonder
Ek wil eerder weet as wonder

Ek wil eerder weet as wonder

Curiosités sur la chanson Ek Wil Eerder Weet As Wonder de Arno Jordaan

Quand la chanson “Ek Wil Eerder Weet As Wonder” a-t-elle été lancée par Arno Jordaan?
La chanson Ek Wil Eerder Weet As Wonder a été lancée en 2014, sur l’album “As Jy Hier Is”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Arno Jordaan

Autres artistes de Afrikaans