Hyg Duiwel

My keel is vol kernkrag vandag
Gaan die waarheid seermaak
Jaag duiwel, jaag

'n Spartelsweet in spanning
Gehawend, verhard
Skrif teen die muur gesensuur

Dra my op gewonde hande
Elke huis met sy kruis versier
In alle erns ek moet bieg
Duimgooi kry jou nêrens nie

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood dit wat oor my lewer loop
Hyg, jaag duiwel, hyg

Afvlerk, my vriende vlerkaf
Dis doodeenvoudig
Te vroeg die moederskoot verlaat
Geslagsryp, egalig, immergroen
Droogmaak druipeling in sy deftige voorstad versoen

Dra my op gewonde hande
Laat dit juig, as ons ons skandes vier
In alle erns ek moet bieg
Tyd genees nie gene nie

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood dit wat oor my lewer loop
Hyg, jaag duiwel

Hoog gesweef
Te laag verdwaal wat my vertraag die skuif van die desimaal
Kom ons stel dit uit
Vergewe my kranksinnigheid
My afwesige vertoning
My repertoire verskonings

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood dit wat oor my lewer loop

Dit wat my betaam, my swerwersbetaan
'n Lekhart vir die somerkwartaal
'n Soendood dit wat oor my lewer loop
Hyg, jaag duiwel, hyg

Curiosités sur la chanson Hyg Duiwel de Die Heuwels Fantasties

Quand la chanson “Hyg Duiwel” a-t-elle été lancée par Die Heuwels Fantasties?
La chanson Hyg Duiwel a été lancée en 2009, sur l’album “Die Heuwels Fantasties”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Die Heuwels Fantasties

Autres artistes de