Klein Tambotieboom [Live]

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

Jy het nie ‘n graad nie
En jy het nie jou kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar
En die verte in van ‘n krans af te staar

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
En die wind sing my naam deur die bottels wat knak
Hoor ek ‘n skaterlag

En as die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

Geïsoleer in donderweer, ver van die wolkekrabbers, net die atmosfeer
Wat aan ons kleef
En ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
Jy weet ek het nie
Jy weet ek het nie
Ek het nie ‘n agenda nie

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
En die wind sing my naam deur die bottels wat knak
Hoor ek ‘n skaterlag

En as die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

En strooi my as oor die Internet se horison

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Die Heuwels Fantasties

Autres artistes de