Klein Tambotieboom

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

Jy het nie ‘n graad nie
En jy het nie ‘n kredietkaart nodig nie
Om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar en die verte in
Van ‘n krans af te staar

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam en deur die bottels wat knak
Hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison

Geïsoleer in donderweer, ver van die wolkekrabbers, net die atmosfeer
Wat aan ons kleef
En ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
Jy weet ek het nie
Jy weet ek het nie
Ek het nie ‘n agenda nie

Die gelukkigste wat ek ooit was
Op die naat van my rug in die natuurreservaat
Die wind sing my naam en deur die bottels wat knak
Hoor ek ‘n skaterlag

As die donker my kom haal en die Here my nie soek nie
As die osoonlaag vergaan en in ‘n kandelaar van sterre val
Begrawe my hart op Klein Tambotieboom
En strooi my as oor die bosveldhorison
En strooi my as oor die bosveldhorison

Curiosités sur la chanson Klein Tambotieboom de Die Heuwels Fantasties

Sur quels albums la chanson “Klein Tambotieboom” a-t-elle été lancée par Die Heuwels Fantasties?
Die Heuwels Fantasties a lancé la chanson sur les albums “Die Heuwels Fantasties” en 2009 et “Alles Van Die Beste” en 2018.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Die Heuwels Fantasties

Autres artistes de