Laaste Rondtes
Jy sit hier langs my
Met jou glimlag aan
Jou lippe beweeg ek wonder wat met jou aangaan
So baie gesing
So baie gepraat
Die laaste van die lig truspieël weerkaats jou gesig
Afslaankap af hare in die wind
Laaste rondtes by die bar
Ek dink ons moet bly
Laaste rondtes by die bar
Ek dink ons moet bly (Ek dink ons moet bly)
Gebore in die verkeerde dekade
Vlug op die hoofweg in jou Honda Ballade
So baie gesing
So baie gepraat
Die laaste van die lig truspieël weerkaats jou gesig
Afslaankap af hare in die wind
Laaste rondtes by die bar
Ek dink ons moet bly
Laaste rondtes by die bar
Ek dink ons moet bly
Laaste rondtes by die bar
Ek dink ons moet bly
Ek sal wil weet wat jy wegsteek vir my
Ek dink ons moet bly (Ek dink ons moet bly)
Ek dink ons moet bly
Jy sit hier langs my
Met jou sonbril aan
Jou lippe beweeg ek wonder wat met jou aangaan
So baie gesing
So baie gepraat
Die laaste van die lig truspieël weerkaats jou gesig
Afslaankap af hare in die wind
Ek sal wil weet wat jy alles wegsteek
Ek sal wil weet
Ek sal wil weet
Ek sal wil weet wat jy alles wegsteek
Ek sal wil weet
Ek sal wil weet