See Alleen
Die see is baie diep en plat die see is alleen
Soms as ek na die see kyk dan voel ek soos die see
Almal blameer die weer vir alles die sluise sukkel soms om al die water te dreineer
Soms dink ek jy is soos die weer
Die see en die weer het darem een ding in gemeen
Die een raak leeg en die ander een weer vol
So ek dink net so is ek en jy afhanklik van die reën
Totaal en al afhanklik van die reën
Die see is baie groot en dom die see is alleen
Soms as ek na die see kyk dan voel ek soos die see
Almal blameer die weer vir alles die sluise sukkel soms om al die water te dreineer
Soms dink ek jy is soos die weer
So ek dink
Net so is ek en jy
Totaal en al alleen