Sy [Acoustic]

Sy kom van 'n klein dorpie af
Sy hou van rolskaats, perde en lag
En elke Sondag 'n klein bietjie te hard
As haar vriende aan die slaap raak in die Sondagskool-klas
Die Sondagskool-klas

Sy raak verveeld in die middag
Alleen by die huis
Staan op haar stoep en sing as die ouer seuns kom kyk

Sy voel die gewig van die wêreld
Sy dink sy verstaan
Ek was al daar
En ek dink ek verstaan haar

Sy kom van 'n klein dorpie af
Sy hou van rolskaats, perde en lag
Elke Sondag 'n klein bietjie te hard
As haar vriende aan die slaap raak in die Sondagskool-klas
In die Sondagskool-klas

Maar hoe sal ons onthou word
En wat bly dan oor as ons deel van die grond word
Ek hoop ons word gehoor
Anders wat bly oor
Wat bly dan oor

Skelm siggarette, hou hande vas
Op agter sitplekke wat haar stad toe kan vat

Sy voel die gewig van die wêreld
Sy dink sy verstaan my
Ek was al daar
Ek dink ek verstaan haar

Sy voel die gewig van die wêreld
Sy dink sy verstaan my
Ek was al daar
Ek dink ek verstaan haar

(Ek dink ek verstaan haar)
(Ek dink ek verstaan haar)
(Ek dink ek verstaan haar)
(Ek dink ek verstaan haar)

Sy kom van 'n klein dorpie af

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Die Heuwels Fantasties

Autres artistes de