Verlore Stilte
Sit vlak sit sag, hard sag slaap seer, doen dit weer
Vir die hoeveelste keer
Vir die hoeveelste keer
En in my dra ek wonde waarvan die oorsaak is soek
Heel moontlik weggebêre in 'n stofbedekte boek
Van ons lagge kom huile, kom ons bou 'n huis in die berge, los ons vuilstreke
In 'n verre vae verlede
In 'n verre vae verlede
Van ons lagge kom huile, kom ons bou 'n huis in die berge, los ons vuilstreke
In 'n verre vae verlede
In 'n verre vae verlede
Elke spoor wat ek verloor, laat my met een minder oor, elke spoor wat ek verloor
Elke spoor wat ek verloor, laat my met een minder oor, elke spoor wat ek verloor
Verlore stilte aan 'n dowwe gedreun
'n Leuen vir 'n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën
Neon bestraling wat my toestand ondersteun
'n Leuen vir 'n leuen
Vind my gemoedsrus in die suurreën
Die plastieksade is geplant
En onder tupperware-bome is ons grootgemaak
Ek mis my tyd ek mis die son wat skyn op ons straat
En kinders wat spoorsny
Tevergeefs
Voete kan geen indruk op teer nalaat
Van ons lagge kom huile, kom ons bou 'n huis in die berge, los ons aapstreke