Begin Van Die Einde
Ons is robotte
Ingesuig, onnodig
Ons eet die algoritme
Ontbyt, oorbodig
Ons is saam, maar alleen
Afgesluit in roetine, ons is die pad byster
Ons is reaksie sonder aksie
Ons is plastiek, ons is die vullishoop
Ons is die begin van die einde
Ons is die begin van die einde
Die gebreekte hart wat moet beter word
Ons is slawerny
Vasgebind, besete
Ons is globale verwarming
En ons is vergete
Ons is die merk van die dier
Ons is skepties, die sage, legende, ’n mite
Ons is sameswering
Ons maak seer en ons wil oor als regeer
Ons is die begin van die einde
Ons is die begin van die einde
Die gebreekte hart wat moet beter word
Ons is die begin van die einde
Ons is die begin van die einde
Die gebreekte hart wat moet beter word
Ons gebreekte hart ons moet beter word
Ons is die begin van die einde
Ons is die begin van die einde
Die gebreekte hart wat moet beter word
Ons is die begin van die einde
Ons is die begin van die einde
Die gebreekte hart wat moet beter word
Ons gebreekte hart, ons moet beter word
Ons gebreekte hart, ons moet beter word
Ons is die gat waarin dit als verdwyn
Die virus wat donkerte versprei
Ons is die pyn, die droogte, die hongersnood
Die gebreekte hart wat moet beter word