Ek Weet Nie
Nog nooit so alleen nie, net die wind van voor oor en oor
Wie is ek, ek ken jou nie
Nog nooit so onseker nie, gaan dit êrens heen, dis heen en weer
Daar’s fout hier sal maar weer probeer
Ek's seker daar’s geluk oppad na my huis toe wag by die deur
Gooi die druk van die dae met ’n kombers toe
Miskien is ek die gelukkigste, dis eintlik klaar bewys,die hofrol sê so
Maar ek leef my lewe met my oë toe
Verstaan asseblief as ek nie weet nie
Ek raak ouer maar die oplossing kom nog nie
En die vrae raak nie minder nie
Vestaan asseblief as ek nie weet nie
Vestaan asseblief as ek nie weet nie
Vestaan asseblief as ek nie weet nie
Ek weet nie
Voete was koud en huiwerig, kan nog steeds nie nee sê nie
Kan nêrens heen hardloop nie
Wegkruiper dwaal op die strand, hier gaan ons instruksies uitgesluit
Ek gee oor, ek gee in
Verstaan asseblief as ek nie weet nie
Ek raak ouer maar die oplossing kom nog nie
En die vrae raak nie minder nie
Vestaan asseblief as ek nie weet nie
Vestaan asseblief as ek nie weet nie
Vestaan asseblief as ek nie weet nie
Ek weet nie
Ek weet nie
Ek weet nie