Welkom By My Partie Medley

Hey hey vannag begin die naweek
Bel die girls vanaand gaan ons party
Jy weet almal dink dis tyd vir ‘n jol

Hou vas ek gaan 'n plan maak
Bel elke siel wat nog saakmaak
Hey jy bring ‘n paar wilde lywe saam

Lewe net een keer, kuier sommer dwarsdeur, druk haar tot die son opkom

Hey jy welkom by my party, maak geraas die bure raak nie kwaad nie
Ons gaan rock en ons gaan uithaak, niemand sal die nag vergeet
Hey jy, welkom by my partie, maak 'n plan dis lank nog nie te laat nie
Ons gaan rock en ons gaan uithaak, niemand sal die nag vergeet

Wou ou, gee my net een aand saam met jou
Gee my net een aand om aan vas te hou
Gee my net een aand, die beste aand vanaand saam met jou

Wou ou, gee my net een aand saam met jou
Gee my net een aand om aan vas te hou
Gee my net een aand, die beste aand vanaand saam met jou
Die beste aand saam jou

Ek's dalk 'n ses (Ek's dalk 'n ses)
Op 'n skaal van een tot tien en in Matriek was ek amper twintig en al my vriende sewentien (Wat?)
Toe die rugby span kook het ek op die trap gesit en rook
En ek wens ek het geld gehad om jou op 'n date te vat
En ook 'n six-pack, XBox, en 'n huis by die see met 'n remote control garage en 'n rooi BMW

Ek's dalk 'n ses (Ek's dalk 'n ses)
Op 'n skaal van een tot tien maar gee my net een aand en jy sal groot dinge sien

Wou ou, gee my net een aand saam met jou (Gee my)
Gee my net een aand om aan vas te hou (Vas te hou)
Gee my net een aand, die beste aand vanaand saam met jou (Die beste aand saam jou)

Wou ou, gee my net een aand saam met jou (Gee my)
Gee my net een aand om aan vas te hou (Vas te hou)
Gee my net een aand, die beste aand vanaand saam met jou
Die beste aand saam jou

Gisteraand se party is oor en uit
Die son begin oor die berge kruip en die wielie draai
Ja die wielie draai

Vanaand begin ons weer van voor
Ons hou aan soek ja oor en oor en my hart is vol
Ja my hart is vol

Gaan dit hier wees waar ek jou gaan kry?
Gaan die voëltjies vanaand weer koring sny?

Hokaai stop die lorrie
Dis hier waar ek vanaand wil bly
Hokaai stop die lorrie
Vanaand is dit net ek en jy

Hokaai stop die lorrie
Bring al jou pelle saam
Hokaai stop die lorrie
Ons gaan dans laat die stof so staan

Staan op staan op
Staan op staan op
Staan op staan op
Staan op staan op
Staan op staan op as jy by my wil staan
Staan op ek wil ons foto raam

Ken jy die pad na Hermanus toe?
Dis daar waar die groot visse lê
Maar dan vat jy die afdraai na Gansbaai
Dis daar waar ek my huis wil hê

Maar my hart lê nog altyd in Bloemfontein
Dis daar waar die mooi rose woon
En ken jy die klein dorpie Lekkerkry?
Staan op kom saam en dans met my

Staan op staan op staan op en dans met my
Staan op staan op as jy wil lekkerkry
Staan op staan op as jy by my wil staan
Staan op ek wil ons foto raam

Tyd vlieg vinnig by ons verby, elke oomblik is 'n skat vir jou en my
Maak nie saak waar ek is saam met jou nie
Ons sê te veel, eendag as ek groot is maar wat as ons dan uit mis op hier en nou
Van uitstel gaan daar afstel kom, gryp die dag gou

O 24/7/365 elke sekonde van die dag wil ek beskryf hoe lief ek is vir jou
O 24/7/365 elke kans wat ek kan kry wil ek jou wys hoe lief ek is vir jou
Vir jou (Vir jou, vir jou)

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Heinz Winckler

Autres artistes de Middle of the Road (MOR)