Kom Terug Na Jou Plek In My Hart
Die velde lê stil en verlate
As die son oor die randjies kwyn
En skemertyd bring weer verlange
Na die dae van ons samesyn
Die geluk wat ons destyds geken het
Dié ken ons vandag nie meer
Vir my bly net droefheid en hartseer
Want ons vreugde kom nimmer weer
Kom terug na jou plek in my hart
Niemand anders sal ooit daar kon bly
Ek verlang deur die lang donkernag
Na die dae so lank reeds verby
Dis net jy wat geluk weer kan terug bring
In my lewe so leeg en kaal
Net jy kan my troos in die skemer
As die son oor die velde daal
Kom terug na jou plek in my hart
Niemand anders sal ooit daar kon bly
Ek verlang deur die lang donkernag
Na die dae so lanks reeds verby
Dis net jy wat geluk weer kan terug bring
In my lewe so leeg en so kaal
Net jy kan my troos in die skemer
As die son, as die son oor die velde daal
Kom terug my liefling
Kom terug na jou plek in my hart
Kom terug my liefling
Dis net jy wat geluk kan bring