Aai-Aai

O, bokkie ek wil jou hê waar die grou-blou vlaktes lê
Waar die bakgat somerwinde saans jou uitnooi vir die dans
Waar die langlyf winde kil om die halfmensplante krul
Waar die Aai-aai kraai sy eiers lê, wil ek jou net eers loop sê dat

Aai-aai die witborskraai vlieg verby en maak ‘n draai
Aai-aai die witborskraai het halfpad mos toe omgedraai
Aai-aai kom teruggewaai stuur die groot see in sy maai
Namakwaland roep hom terug, hier kom hy op die wind se rug

Raai waar is Aai-aai, die wind die waai vir Aai-aai, sy gees en hart is vry, vry bo lief en leed verby

O, bokkie ek wil jou sê waar die blou-blou berge lê
Waar die boggom rondomtalie gooi en die boerbok spore strooi
Waar die Grootrivier sy loop deur die droë aarde knoop
Waar die kokerbome wortels maak en die lug die hemel raak dat

Aai-aai die witborskraai vlieg verby en maak ‘n draai
Aai-aai die witborskraai het halfpad mos toe omgedraai
Aai-aai kom teruggewaai stuur die groot see in sy maai
Namakwaland roep hom terug, hier kom hy op die wind se rug

Raai waar is Aai-aai, die wind die waai vir Aai-aai, sy gees en hart is vry, vry bo lief en leed verby

Aai-aai die witborskraai vlieg verby en maak ‘n draai
Aai-aai die witborskraai het halfpad mos toe omgedraai
Aai-aai kom teruggewaai stuur die groot see in sy maai
Namakwaland roep hom terug, hier kom hy op die wind se rug

Bokkie ek wil jou hê waar die grou-blou vlaktes lê
Waar die bakgat somerwinde saans jou uitnooi vir die dans

Curiosités sur la chanson Aai-Aai de Laurika Rauch

Quand la chanson “Aai-Aai” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Aai-Aai a été lancée en 1979, sur l’album “Debuut”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music