Berge En Dale

Amper in die wolke
Amper bo
Onder lê die vlaktes
Van die Kamdeboo
Een of ander engel
Het verklaar
Berge en dale ontmoet mekaar

Hier is net ’n ligte
Bries wat waai
Dis onder waar die droë warrelwinde draai
Dalk is dit my siel wat nou bedaar
Berge en dale ontmoet mekaar
Berge en dale ontmoet mekaar

Ek wil in die stilte
Jou hoor sê
Die woede in jou hart het ook gaan lê
Ek het in die verte in gestaar
Berge en dale ontmoet mekaar
Berge en dale ontmoet mekaar

Netnou sal die middag
Die nag ontmoet
Berg en dal sal mekaar weer groet
Die een of ander engel
Het verklaar
Hemel en aarde ontmoet mekaar
Hemel en aarde ontmoet mekaar

Hemel en aarde ontmoet mekaar
Hemel en aarde ontmoet mekaar

Die storm in my hart het
Weer gaan lê
Ek sal na jou terugkom
As jy my wil hê
Dit is net die liefde wat ons kan red
Dit is wat ons
Te laat besef
Dit is wat ons te
Laat besef

Dis net die liefde wat ons kan red
Dit is wat ons dalk te laat besef

Curiosités sur la chanson Berge En Dale de Laurika Rauch

Quand la chanson “Berge En Dale” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Berge En Dale a été lancée en 2011, sur l’album “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music