Die Ballade Van Jakob F De Beer

In die Kamdeboo kontrei was ons vrolik, jonk en vry
Waai westewinde waai
In die Kamdeboo kontrei het ons donkiekar gery
Draai donkie, donkie draai

Jakob F. de Beer, windpompingenieur
Reis van plaas tot plaas in sy donkiewa
As die westewinde waai, moet silwer speke draai, draai silwer speke draai

Jakob, pasop die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob, die westewind is kwaai

Hannetjie du Plooy, byna, byna mooi
Draai westewinde draai
As die dansorreltjie kreun, sit Hannetjie alleen
Draai, draai, draai ,tiekie, tiekie, draai

‘n Donkie en sy baas kom aan op ‘n nuwe plaas
Hannie lyk vir Jakob al te mooi
Na ‘n week of wat ken die donkie ook die pad
Draf, draf donkie, donkie draf

Jakob, pasop die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob, die westewind is kwaai

Op ‘n dag in die Kamdeboo is Hannie windpomp toe
Draai donkie, donkie draai
Skeef langs die yster leer, lê Jakob F. de Beer
Waai, weste winde waai

In die Kamdeboo kontrei kon Hannetjie nie bly nie, sy huil te veel as die westewinde waai
In die Kamdeboo kontrei het ons donkiekar gery, oh draai, draai, draai, donkie, donkie draai

Jakob, pasop die wind kan skielik draai
Jakob, Jakob, die westewind is kwaai

Curiosités sur la chanson Die Ballade Van Jakob F De Beer de Laurika Rauch

Sur quels albums la chanson “Die Ballade Van Jakob F De Beer” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
Laurika Rauch a lancé la chanson sur les albums “Encore! Laurika” en 1988, “My Ou Tante Koba” en 2004, “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” en 2011, et “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” en 2011.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music