Die Kinders Sing Saam

Ons draai weer van die teerpad af, die tafels is uit sement gemaak
Ver van die stad en die lug is skoon, tussen die tafels is ‘n peperboom
Tussen die tafels is ‘n peperboom

Ja, my kind ons is amper daar net so ver soos verlede jaar
Klim nou uit aan die ander kant, bly net weg van die groot teerpad
Bly net weg van die groot teerpad

Ons kinders sing saam, wat is jou naam, wie weet hoe om skape te tel
Waar kom jy vandaan, waar slaap die maan
Kan jy jou ouers se name al spel

Wat kom nou, wat kom nou hier aan, kyk dit loop dat die stof so staan
Nee, my kind dis ‘n donkiekar, tussen die wiele draai ‘n ewenaar
Tussen die wiele draai ‘n ewenaar

Hul parkeer langs die peperboom tussen die donkies is ‘n disselboom
Die kinders klim van die karretjie af tussen die heining en die groot teerpad
Tussen die heining en die groot teerpad

En die kinders sing saam, wat is jou naam, hoe weet jy om skape te tel
Waar kom jy vandaan, waar slaap die maan
Kan jy jou ouers se name al spel

Ma, kan ons nog ‘n rukkie bly, nee, my kind, ons het ver om te ry
Dis die tyd van die rooi turksvy, hulle het gesê ons kan hierdie twee kry
Hulle het gesê ons kan hierdie twee kry

Klim in die motor laat die wiele draai, spring op die wa en die kinders waai
Ja, my kind ons is amper daar, tussen die wiele draai ‘n ewenaar
Tussen die wiele draai ‘n ewenaar

Die kinders sing saam, wat is jou naam, wie weet hoe om skape te tel
Waar kom jy vandaan, waar slaap die maan
Kan jy jou ouers se name al spel

En die kinders sing saam, wat is jou naam, wie weet hoe om skape te tel
Waar kom jy vandaan, waar slaap die maan
Kan jy jou ouers se name al spel

Curiosités sur la chanson Die Kinders Sing Saam de Laurika Rauch

Sur quels albums la chanson “Die Kinders Sing Saam” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
Laurika Rauch a lancé la chanson sur les albums “Die Mense Op Die Bus” en 1999 et “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux” en 2011.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music