Die Lewe is 'n Grenshotel

Madame sit in Die Grenswag
’n Manskap teen haar bors
Sy koester, sy vermoeidheid, sy nadrup en sy dors

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

Madame bestel ‘n High Ball
Dit hou die vleesdrif hoog
En kyk na jong kanonvoer wat saamdrom by die oog

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

Madame, versot op jong bloed
Vergeet skoon van haar ou
Want jonk of oud sterf eenders, die slagveld is hul vrou

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

Madame grens oor die wete
Haar hulpdiens is beperk
Want of hul bruin of wit is, hul dra die Kaïnsmerk

Die lewe is ‘n grenshotel
‘n Volkebont, ‘n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar, jou toekoms is gerekenaar

En drank en nag bring kennis
En almal haal die grens
Die grens erken geen grense, alleen die hart se wens

Curiosités sur la chanson Die Lewe is 'n Grenshotel de Laurika Rauch

Quand la chanson “Die Lewe is 'n Grenshotel” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Die Lewe is 'n Grenshotel a été lancée en 1979, sur l’album “Debuut”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music