Die Skoene Moet Jy Dra

Al die paaie wat jy loop
Al die draaie wat jy stap
Al die strikke wat jy aftrap
Al die grond wat jy koop

Gaan sit in jou knieë en die klere aan jou lyf en klou aan jou treë en trek jou rieme styf

Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra

Al die spoke wat jou jaag
Al die spore wat jy trap
Elke keer wat jy ontsnap
Elke hek wat jou vertraag

Skiet wortel in jou bloed en rank tot in jou vuis en kleef aan elke voet wat jou dra tot by die huis

Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra

Jou verlede klou verbete aan die veters van jou gewete

Al is jou spore vergete
Al is jou sole verslete
Al is die pad lank en swaar
Die skoene moet jy dra

Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra
Die skoene moet jy dra

Curiosités sur la chanson Die Skoene Moet Jy Dra de Laurika Rauch

Quand la chanson “Die Skoene Moet Jy Dra” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Die Skoene Moet Jy Dra a été lancée en 1999, sur l’album “Die Mense Op Die Bus”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music