Die Windmeul Van Jou Siel

Rond soos ’n sirkel in ’n kringloop, soos ’n wiel draai in ’n tol
G’n begin en ook g’n einde op ’n eind’lose katrol
Soos ’n rots val deur die ruimte, of ’n karnavalballon
Soos ’n mallemeul se draaipad, draai hy kringe om die son

Soos die hand van ’n horlosie die minute weer laat leef
En die aarde soos ’n appel deur die stille ruimte sweef
Soos die sirkel van die wiel in die windmeul van jou siel

Soos ’n tonnel deur die aarde na ’n tonnel ongekaart
Waar jy afklim in ’n kelder na die kamers van jou hart
Soos ’n deur wat draai en draai in ’n half-vergete droom
Of die kringe van ’n klippie wat gegooi is in ’n stroom

Soos die hand van ’n horlosie die minute weer laat leef
En die aarde soos ’n appel deur die stille ruimte sweef
Soos die sirkel van die wiel in die windmeul van jou siel

Beelde dans deur jou geheue, woorde wat nooit wil gaan lê
En die somer lê aan flarde, het ek iets verkeerd gesê
Liefde wandel oor die duine, los sy spore in die sand
Is die klank van daardie dreuning net die vingers van jou hand

Foto’s hang in donker gange, die fragmente van ’n lied
Half-vergete jong gesigte in die skadu’s van verdriet
Toe jy weet dat dit verby is en die herfs haar blare saai
Word die maalstroom van die afskeid net ’n laaste soen goodbye

Soos ’n sirkel in ’n kringloop, soos ‘n wiel draai in ’n tol
G'n begin en ook g’n einde op ’n eind’lose katrol en die beelde draai verby
Soos die sirkel van die wiel
In die windmeul van jou siel

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music