Ek Het 'n Huisie By Die See

Ek het ‘n huisie by die see, dis nag
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan teenaan die rots waarop my huisie staan
Met al die oseaan se woeste krag

Ek hoor die winde huil, ‘n kreun, ‘n klag
Soos wat verlore siele in hul nood, al dwalend, klagend, wat in graf en dood
Geen rus kon vind nie maar nog soek en smag

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar hoe loor die storm daarbuite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar hoe loor die storm daarbuite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan

Dit is ‘n rots waarop my huisie staan
Dit is ‘n rots waarop my huisie staan

Curiosités sur la chanson Ek Het 'n Huisie By Die See de Laurika Rauch

Sur quels albums la chanson “Ek Het 'n Huisie By Die See” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
Laurika Rauch a lancé la chanson sur les albums “Encore! Laurika” en 1988, “19 Treffers van 21 jaar” en 1999, et “Stuur Groete aan Mannetjies Roux” en 2011.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music