Ek Maak Net Soos Ek Wil

As my wrak tog kan loop en die pad is oop en die lewe lê alkant te koop
En ek’t ‘n rand of tien en wie weet miskien nog ‘n paar hier of daar, wie weet waar
Dan vat ek die pad na die bose ou stad want hy’s grys en wys en hy’s gou
En die naald bly dwaal en so regs van nul want ek maak net soos ek wil

Ek’t ‘n jaar lank gewerk as ‘n derde klerk dis weer tyd om ‘n iets te geniet
Want ‘n week se swoeg maak my moedeloos moeg en die tjek sê ook als is verniet
Toe breek ek maar weg want die wêreld is reg want ek’s eindelik klaar met die spul
En die naald bly dwaal net so regs van nul want ek maak net soos ek wil

Daar’s ‘n ietsie te sê vir min rykdom hê want ‘n rand is soms soos ‘n fortuin
As die wiele rol en die tenk is vol word die sorge agter jou klein
Die vryheid is soet, die trap op jou voet en die enjin word dromerig stil
Want die naald bly dwaal net so regs van nul en jy maak net soos jy wil

Want die naald bly dwaal net so regs van nul en jy maak net soos jy wil

Curiosités sur la chanson Ek Maak Net Soos Ek Wil de Laurika Rauch

Quand la chanson “Ek Maak Net Soos Ek Wil” a-t-elle été lancée par Laurika Rauch?
La chanson Ek Maak Net Soos Ek Wil a été lancée en 1983, sur l’album “Vir Jou”.

Chansons les plus populaires [artist_preposition] Laurika Rauch

Autres artistes de Schlager music